top of page

VANWAAR OP DOLLY DECOR

Op Dolly Décor het verseker sy oorsprong uit kleintyd liefde om alles rondom my met groot liefde en entoesiasme mooi te maak! Het vas geglo met ‘n mooi strik, blom, lap, raam of ‘n bietjie verf kan jy die wêreld verander!!  

Ek lees toe eendag iemand skryf: “Ek wil ALLES rondom my mooi maak en dit my LEWE noem!” en ek WEET dit is PRESIES wat ek gaan doen! 

Pragtige blomme, malse kleur, fyn kant, opgewonde harte, blink ogies en jong liefde het vinnig ‘n verslawing geword en toekomstige bruidspare se entoesiasme en opgewondenheid het my laat sterre sien in ‘n loopbaan skuif.

Op Dolly Décor is nou bykans 5 jaar in die Trou-  Blomme en Dekor bedryf en hoop om spoedig 

op almal se lippe te wees vir die GROOT moeite en liefde wat in elke stukkie detail 

van BLOMME tot DéCOR gaan om van elke liewe troue ‘n enorme sukses te maak.

Mense trap spoedig die mooiste, sagte spore in die onthoupad van my hart!

Dit is eers wanneer jou passie en liefde werklikheid word dat aanhalings soos,

Jy werk nie een dag as jy doen waarvoor jy lief is!” of  “I LOVE my job” en

Niks is ooit onmoontlik nie!” eers werklik vir jou sin maak!

 

    Wanneer is iets vir JOU mooi? As iemand dit vir jou vertel of as jou

      oë en hart sing van liefde en trots vir dit wat jy voor jou sien??

 

© 2023 by Name of Site. Proudly created with Wix.com

bottom of page