
DIENSTE
Jou ore suis en jou hart bommelakisie want jy het so pas JA gesê. JA ek sal met jou trou!! JA ek sal jou vir ewig liefhê!! Jou romantiese trou drome kry onmiddelik vlerke! Al die mooi prentjies en bymekaar maak vir jare word uitgediep en afgestof! Jy besef met opgewondenheid om al die romantiese drome waar te maak gaan groot werk behels en jy het kundige hulp nodig!
​
kies Op Dolly decor en vergroot die vreugde en waardigheid van jou troudag!
​
Op Dolly Decor help graag met ALLE aspekte van jou troue! Spesialiseer in PRAGTIGE blomme, 'n groot verskeidenheid ELEGANTE dekor, KREATIEWE idees, UNIEKE uitnodigings en ALLES waarvan jy droom! Geen moeite is ooit teveel! Kontak Christa Botha vir 'n afspraak en ons maak jou MOOISTE drome waar!!
Blomme

BLOMME praat die taal van jou hart en weerspieël jul liefde en persoonlikheid. Op Dolly Decor kies en stilleer met groot versigtigheid die MOOISTE blomme vir jul geleentheid om ABSOLUUT asemrowend mooi te lyk en ekstra romantiek aan die dag te verleen! BLOMME maak jou troudag vreeslik mooi!
Decor

Die kies en ontwerp van troudekor is 'n opwindende en genotvolle taak! Hetsy Romanties, Elegant, Vintage of Plaas! Hier help Op Dolly Decor jou om kreatief en met die nodige romantiek jou persoonlike stempel behoorlik af te druk, die gaste na hul asems te laat snak en sommer ook vinnig na hul kameras te gryp! Kom kyk gerus!!
Spesiale ektras

Op Dolly Decor maak stylvolle uitrustings vir Strooi- en Blommemeisies asook strikdasse en onderbaadjies vir die manne wat gepas die kleur en tema komplimenteer. Ander ekstras soos trou uitnodigings, konfetti mandjies, vrolike vlaggies, voorskote vir kombuistees, borde met liefde-volle aanhalings en nog vele meer!